Avoid BSmart Communications!
I’ve been a reluctant customer with BSmart for over a year now. I am bound by a contract I signed with them, but my attorney says that hopefully I might be able to get out. If and when I do I will NEVER EVER do business with this highly unethical company again.
It was my own fault to an extent for not having read the contract as well as I should have, but I blame their salesmen. They use an aggressive sales technique by bullying customers into signing without the customer having the chance to read the contract. This practice is completely illegal in the UK and should be here as well. They are also dishonest when first engaging the customer by pretending to be Telkom engineers who claim to be able bring down your phone costs. The salesmen I dealt with promised me that you can cancel the contract and within 24hrs they collect the equipment. However when I tried this I was told that the contract is for 5 years!!! After having looked at the contract this does seem to be the case, but I took the word of the seemingly reputable salesman. My bad!
They are also very devious by having ABSA finance on the contract instead of them, I’m certain they did this knowing full well that their legal costs would be huge as everyone would be challenging them in court. Instead it is ABSA, with deep pockets, that you have to fight. I think ABSA are not entirely innocent in this matter either. I don’t think they are doing enough to enforce good business practice by BSmart.
The most recent problem relates to a faulty PABX unit (was damaged by lightning) that they say I have to pay for. This is yet another attempt at squeezing more money from an already paying customer. As I have a service agreement with them, surely they are responsible for the upkeep of THEIR equipment.
I urge anybody to save yourself a lot of trouble and money by avoiding BSmart at all costs. This is a dishonest unethical company that won’t hesitate to extract as much as they can without providing adequate service. This is certainly not just my ranting, take a look at BSmart on HelloPeter.com; you’ll see that they have no “happy” faces and 21 “unhappy” faces next to their name.
Another one of their salesmen came round to me office recently not knowing I was already an unwilling customer. Needless to say I forcibly removed him from my office.
AfriForum ‘n valse profeet
Ek het vandag onwillig my lidmaatskap aan AfriForum opgesê. Dit was vir my ‘n moeilike besluit gewees. Ek is deur van my vriende gewaarsku dat Afriforum nog steeds die verkramptes is, net in ander gewaad. Ek het dit nie geglo nie en het lekker groot gepraat oor al Afriforum se indrukwekkende oorwinnings in die hof en hoe hulle die politieke landskap verbeter vir minderhede en Afrikaanssprekendes.
Dit was dus met skok dat ek vandag in AfriForum se nuusbrief verneem het van hulle teenkanting teen die Afrikaanse Vrydenkersbeweging (AVB) se aandrang dat alle skole ons land se wette rakende opvoeding moet nakom. Spesifiek gaan dit oor die beoefening van die Christen geloof in ons skole. Die AVB en ek, wat nie ‘n Christen is nie, wil nie hê dat belasting geld moet betaal om ons mense te probeer bekeer nie. AfriForum, blyk dit, wil.
Al is die konsep van ‘n persoonlike god vir my belaglik, is dit nie my saak as ouers hulle kinders wil bekeer (of watookal) nie. Maar ek trek die streep by staatsinstansies waarvoor ek (deur belasting) betaal. Dit is nie die staat se plek om die Christen of enige andere geloof te bevorder nie. Geloof is een ding; die staat ‘n ander. Alle 1ste wêreldse lande respekteer hierdie weldeurdagte, regverdige beleid. Die flip side is lande soos Afganistan en Iran waar fundamentalisme seëvier.
Tot vandag het ek gedink dat AfriForum juis vir die Grondwet staan, maar nou blyk dit heel duidelik dat dit nie altyd die geval is nie. Godsdiensvryheid is iets waarvoor ek al lank baklei. Tesame met Persvryheid is dit vir my van kardinale (verskoon my pun) belang en verseker van die hoekstene van ‘n demokrasie. Die ondermyning van hierdie beginsels deur AfriForum is vir my onaanvaarbaar en ek kan nie dit met my beginsels vereenselwig nie. So ten spyte van al die fenomenale werk wat AfriForum gedoen het en steeds doen, onttrek ek vandag my ondersteuning (finansieel en moreel) van die groep.
Rus in vrede Juan Jansen
‘n Week gelede is my vriend Juan Jansen koelbloedig vermoor. Hy en sy vrou, Nelmarie, was op pad om kontant van hul besigheid, die Sunshine Coast Spar, in te betaal, toe 4 swart rowers hom doodgeskiet het NA hy vir hulle die geld gegee het. Dit het die hele gemeenskap geskok en vir ons onmiddelike vriendekring nog meer so. Die feite van die insident is egter redelik bekend en nou, na al die emosie en woede, wil ek nie weer hieroor skryf nie. Ek wil eerder skryf oor Jannie, soos sy groot vriend Greg Baxter hom genoem het, toe hy nog gelewe het.
Die Jansens (Juan, Nelmarie, Conrad & Deidré) het net voor ons hier in die omgewing aangekom. Ons het mekaar gegroet ensovoorts, maar ons het hulle eers rêrig in 2007 goed leer ken. Aanvanklik was hulle skaam gewees, maar na ‘n ruk het ons baie goed oor die weg gekom. Die 1ste amptelike ding wat Ek en Lené saam met die Jansens gedoen het was ‘n seekos aand by die Kenton Laerskool. Die eerste ding wat ek alleen saam met Juan gedoen het was ‘n gholf dag in Port Alfred. Ek en hy het teen sy ander (meer bekwame gholfer) vriende gespeel. Ek en hy het sleg verloor daai dag, maar ons het baie goed ge-click. Daai aand was dit sy verjaarsdag paartie en ek, Lené en Elke was daar. Hy het die 29ste Junie verjaar. Ek ook.
Later het ons en hulle bevriend geraak met Greg & Sue Baxter (wat van Kanada af hierheen getrek het) en Tjaart & Fleur Coetzee. Almal van ons het ander vriende ook gehad, maar ons 4 gesinne het regtig baie goed oor die weg gekom. Ons, die Baxters en die Jansens het 2 keer saam weggegaan vir naweke. Die 1ste keer in 2008 was ons Bushman’s Sands toe vir ‘n gholf naweek en die 2de keer was 4 weke vir ‘n naweek op die Kromme Rivier. Ons het ander trips ook saam gedoen soos die Kirkwood Wildsfees en talle braaie, kuiers en selfs wodka-en-sjokolade aande by Tjaart & Fleur Coetzee.
Dit het net so goed gewerk. Ek het altyd gedink dis ‘n baie spesiale situasie gewees.
Juan was vir my rêrig ‘n inspirerende mens gewees. Hy en Nelmarie het hard gewerk om te kom waar hulle is (was). Somtyds te hard, but they did what they had to. Hulle het ons vertel hoe hard hulle moes werk by Dulce’s, hulle koffie winkel in Port Elizabeth, en ons kon dit waardeur omdat dit ook maar rof kan gaan by die Red Apple, ons koffie winkel. Hulle het vir ons ongelooflik baie waardevolle raad gegee. Ten spyte van die harde werk en die sukses wat gekom het was Juan en Nelmarie se voete plat op die aarde.
Juan was ook ‘n gawe siel gewees. Ek het eendag rêrig gesukkel met my setwerk; omtrent ‘n week later daag Juan op by my voordeur met ‘n nuwe setyster wat hy iewers gekry het. Ek het nou nog nie met hom gaan speel nie. Hy het ook vir my ‘n smart gholf baadjie sommer net gegee. En lojaal. By die Kromme Rivier het ek en ‘n ander ou mekaar amper beetgekry. Juan, ten spyte daarvan dat hy nie ‘n bakleier was nie (ek ook nie rêrig nie), het langs my kom staan; gereed vir aksie! Hierdie is maar net my stories, maar al Juan se vriende het dieselfde soort stories.
Juan wou leer oor fotografie. Hy het ‘n kamera op my advies gekoop en ek en hy het ‘n paar lesse gedoen. Nou wens ek ek het meer tyd gespandeer om hom te leer, maar ek wou hom nie druk en hom so afskrik nie. Ek het gedink hy moet dit self ontdek en dan sou ek hom help om verder reg te kom. Ongelukkig het dit toe nooit sover gekom nie. Juan wou altyd meer weet. So was dit ook met ‘n spesifieke saak wat ek en hy van tyd tot tyd bespreek het. Ek gaan dit maar daar laat.
Dit is snaaks maar toe ek hoor Juan is in sy bors geskiet en dit lyk sleg het ek nog steeds nie gedink ons gaan nooit weer vir Juan sien nie. Selfs toe ons daai onvergeetlike nuus gekry het: “Juan is dood”, het dit nie by my ingesink dat ons vriend nou nie meer is nie; ons het nog hulle winkel, die Spar, help toesluit. Dit was eers toe ek daai middag by die hospitaal vir oulaas vir ou Juan gesien het dat ek besef het dis alles verby. Ek was nog nooit in my lewe so geruk nie. Skielik besef jy hierdie great ou, ‘n regte bydraer, is gone. Ek besef dat ‘n mens se nabye familie is sekerlik erger, maar het nog nooit so verlies ervaar nie. Ek dink dit het te doen met die omstandighede van sy dood; toe hy gelewe het was hy so ‘n positiewe ou. Miskien verteenwoordig sy moord vir my die grotere tragedie van ons Suid-Afrika. Ek hoop nie so nie.
Ek en baie ander mense gaan hom vreeslik mis; ons sal nooit sy alomteenwoordige glimlag vergeet nie. Onder is ‘n video/foto huldeblyk aan ou Jannie.
I challenge Richard Dawkins!
No no, nothing like that. Despite being an Afrikaner (who are a notoriously religious bunch), I am (like Dawkins) a “Level 6″ agnostic and completely accept evolution and that we and every other living thing share a common ancestor. In short, I am a huge fan of Dawkins and the brilliant job he is doing confronting religion with reason. But there are two issues where I think Dawkins gets it wrong.
Firstly in The Selfish Gene (published 1976) he essentially suggests that people “act” altruisticly in order only to promote themselves. But in Episode 2 of The Genius of Darwin (2008), a recent TV-series, he says that he wasn’t convinced and that he now feels that we’ve in a way “outgrown” evolution; we can understand suffering and that we act against that. According to him we can do this because we have become so clever; enabling us to break free from the rules and shackles of Evolution.
I agree with him that we are intelligent enough now to reflect on and understand evolution. But I don’t think this in itself is the reason why we do altruistic deeds. I think it is because as a species our evolution is not driven by competition and our survival instincts have been dimmed by our success as a species. In Dawkins’s UK and the rest of Western Europe there hasn’t really been a Fight for Survival for 65 years. I believe that this has dimmed the survival instinct and because of that people are more altruistic.
In South Africa it is a different story. A very good friend of mine was brutally murdered last week by a gang of robbers. They shot him in cold-blood AFTER he handed over his money. Tragically this is not an isolated incident. All over the country murders are being commited on an astonishing scale; indisputably crime is out of control. Here the survival instinct is much stronger. Here people are less inclined to be kind. I have lived in the UK and South Africa for extensive periods of time and I am convinced this is the case. In South Africa specifically white lives, jobs, and lifestyles are severely under threat. It makes evolutionary sense for people that are under threat not to expend energy on “unnecessary” acts of kindness. This occurs in Israel/Palestine and other places where people are being perceived (rightly or wrongly) as being under threat.
This neatly brings me to the 2nd point which is the real toughie. Race. I believe that there IS a difference between races. It makes complete evolutionary sense. There are no white sprinters in the Olympic 100m final. Why? Because for generations Africans have through the dreadful natural selection of slavery become physically superior. It makes complete evolutionary sense. Why then is it such a problem for mainstream scientists to accept that whites are intellectually more suited to the modern world? I’m not saying that this applies to ALL blacks or that this will always be the case. There are certainly many blacks (like the very impressive Ben Carson) that are intellectual giants. Evolution through natural selection should uplift blacks to the intellectual levels of whites. Globally though this process is severely being hampered by unnatural selection policies like Affirmative Action.
Presently though blacks, on average, do not have the modern intelligence of other races. There is evidence of this all over Africa. The overwhelming majority of African countries are abject failures. There is certainly not one country that can compete on any level with the West. When South-Africa, previously and wrongly, was ruled by whites we competed in medicine (the first heart transplant in the world was done in Cape Town by Chris Barnard, a white South-African), science and technology (the G5 cannon, still used today by the US and Israel, was developed in South-Africa). Now 14 years after South-Africa’s first democratic election and the start of black rule, we are not a major contributor at any scientific level.
In Europe and the US the story is slightly different, but with the same conclusion. The U.S. Department of Justice’s statistics from 1976 to 2004 confirms that black people are 9 times more likely to commit a serious crime than whites or other races. Why? I sincerely and without prejudice believe that it is because blacks haven’t evolved as much intellectually. Simply because in Africa they haven’t had to; until recently physical attributes were more important for survival than mental strength. It isn’t right or wrong or better or worse or moral or amoral. It just is; just like evolution.
For me the fact that esteemed scientists like Dawkins are denying or at the very least avoiding this issue is disappointing. In 2007 James Watson, one of the most brilliant scientists of the 20th century and Nobel Prize winner, said the same thing and he was ostracised from the scientific community. Charles Darwin’s theories were also unpopular at the time, but that didn’t stop it from being true. I believe the same applies to James Watson’s theories.
The most valid argument against discussing race and intelligence is “What does it achieve?”. I have thought about this a lot and it is not an easy one. Critics say that race & intelligence arguments are counter-productive, polarising & prejudicial. I actually agree with this, but that is still not enough reason to avoid the search for the truth. Even more so when Europeans are constantly trying to help Africa on the basis that Africans have the same intellect as Europeans. This, I believe, is one of the major reasons why one Aid Package after another fails in Africa.
Very important: Although I don’t think anyone can deny that there are differences between races, I am not a racist; I am 100% against racial discrimination. In other words if a black candidate is the best person for the job he/she should get the job. If a guy like Bryan Habana is the best in his position, who cares what colour he is. If 10/10 finalists in the Olympic finals are black; great. I applaud Ben Carson MD for being the world famous Director of Paediatric Neurosurgery at Johns Hopkins. I also supported Obama for President, because I felt and still feel he was the best candidate for the job.
I want blacks to succeed. More than anything. But don’t expect me to call a spade an axe!
Afrikaners en Evolusie
Ek was ‘n programmeerder (op verskillende vlakke) in Engeland vir 7 jaar. Soos lesers sekerlik weet is programmeerders redelik “geeky” en meeste mense sou sê relatief intelligent. Ek het sekerlik ‘n honderd kollegas gehad in hierdie periode. En ek kan eerlikwaar erken dat ek net 1 kan onthou wat nie evolusie aanvaar nie. En hy was ‘n Sikh Indiër gewees. Dit is ook nie dat ek nie geweet het wat die ouens dink nie want dit is iets wat ons gereeld bespreek het. In Engeland en nog meer in Europa word mense wat nie Darwin se teorie aanvaar nie, as oningelig beskou.
In 2006 het ons terug Suid-Afrika toe gekom en van toe af is ek weereens verstom hoe evolusie nog moet plek maak vir godsdienstige dogma in Suid-Afrika; selfs nog meer by Afrikaners. Hier word evolusie gesien as ‘alternatief’ en word vergelyk met Crop Circles!! Dit is vir my baie frustrerend.
Na al die gesonde wetenskaplike debat vanaf 1859 (toe Charles Darwin se seminale “Origin of the Species” eerste gedruk is) word evolusie nou aanvaar in die moderne wêreld as die beste & enigste teorie huidiglik wat alle lewe op Aarde kan verduidelik. Die wetenskaplike gemeenskap erken egter dat dit ‘n teorie is. Net soos Galilei, Newton & Einstein se wette ook teorieë is. Miskien sal iemand eendag weer bewys dat die Aarde plat is of dat evolusie onsin is. Maar ek twyfel!!
Suid-Afrika (en veral Afrikaners) se beheptheid met geloof word weerspieël in die res Afrika waar mense ook nie vir hulself kan dink nie; miskien uit misplaaste vrees is vir iets wat nie bestaan nie. Dit is teleurstellend vir ‘n volk wat as modern wil beskou word.
Op 24 November is Charles Darwin se boek “On the Origin of Species by Means of Natural Selection or The Preservation of Favoured Races in the Struggle For Life” 150 jaar oud. Die Smithsonian Instituut sê die boek “may be the most important book ever written”.
Blou Bulle die Beste!

Die Blou Bulle heers!
Die Blue Bulle se trofeekas is nou propvol na hulle die naweek die Curriebeker teen Adriaan Strauss se Cheetahs verower het. Met spelers soos Guthro Steenkamp, Bakkies Botha, Victor Matfield, Danie Rossouw, Deon Stegmann, Dewald Potgieter, Pierre Spies, Fourie du Preez, Morné Steyn, Bryan Habana, Wynand Olivier & Zane Kirchner gaan mense oor 20 jaar nog praat van hierdie uitsonderlike groep spelers.
In hierdie goeie tye moet ‘n mens nie die maer jare vergeet nie. Ek is ‘n fanatiese Bul ondersteuner vandat ek 11-jaar oud is. Ek onthou die glorie jare van die 80s en toe Deon Oosthuizen onder die pale gaan druk het na ‘n Naas Botha skop in 1991. En toe die eksodus van al ons top spelers, Uli Schmidt, Robert du Preez, Theo van Rensburg & selfs Gerbrand Grobler, na Natal en Transvaal in die 90s. Dit het die Bulle hard geslaan. Dit het 7 jaar gevat vir reserwe skrumskakel Conrad Breytenbach in 1998 om die Bulle weer te laat geld.
Tot in die middel Naughties (2000s) het ons maar les opgesê in die Super 14. My Weepee vriende terg my nou nog oor my lojaliteit teenoor Adriaan Richter, agsteman. Toe kom Heyneke Meyer en ruk die dinge rug. Eers op Curriebeker vlak; ons het 3 bekers in ‘n ry gewen onder Anton Leonard. En toe die Super 14 in 2007 – al was daar ‘n hanteer foutjie voordat Bryan Habana die Sharks se harte verskeur het. Ironies dink ek Heyneke het self die pad byster geraak daarna, maar hy het ‘n uitstekende fondasie gelê vir Frans Ludeke.
Maar nou dink ek nie enigiemand kan stry dat die Bulle nou tops is nie. Nie net het ons die 2009 Super 14 en die Curriebeker gewen nie, maar die Bulle was die grootste element in moontlik die Springbokke se beste jaar. Bakkies Botha, Victor Matfield, Danie Rossouw, Fourie du Preez en Bryan Habana het al die Curriebeker (nasionale kompetisie), die Super 14, die Drie-Nasies, die Britse Leeus en die Wêreldbeker gewen! Hulle is letterlik (ja oukei ek weet net Suid-Afrikaners speel Curriebekker, maar julle weet wat ek bedoel) die enigste ouens in die wêreld wat hiermee kan spog.
Suid-Afrika se dae getel?

ANC Korrupsie
Hierdie vraag duik nou weer in my gedagtes op nadat ek van ‘n goeie vriend verneem het dat hulle Elliot Mashile, voorsitter van die Oos-Kaap se drankraad moes omkoop om hulle lisensie te kry. Blykbaar het die vark ‘n moerse fancy kar en ‘n moerse salaris, maar hy het nie geld vir petrol in sy kar nie!!!! Met die omkopery het hy ‘n dranklisensie, wat gewoonlik maande neem, binne 24-uur gereël. Al sou ek nooit wetend sou iets self doen nie, neem ek nie my vriend kwalik nie; hulle het alles aan hulle kant reg gedoen en moes al lankal die lisensie gehad. Maar die raad is so treurig hulle funksioneer eenvoudig nie. Of hulle verwag om omgekoop te word.
Op dieselfde dag verneem ek van ‘n ander vriend wat die lokale verkeersdepartement moes omkoop vir ‘n een of ander lisensie. Ek het self al – geheel en al onwetend – ‘n verkeersbeampte afgepers en my loodgieter het (sonder my toestemming) die bouinspekteur omgekoop namens my. Ek moes my prokureur betaal om die NHBRC te dagvaar sodat ek my sertifikaat kon kry want ek was nie beried om hulle om te koop nie.
Ons woonbuurt se strate is in haglike toestand, maar Ndlambe Munisipaliteit het niks geld om enigiets reg te maak nie. Die hoofberig in gister se Herald gaan oor Ndlambe se baie ernstige watertekort. En die ergste is dat dit nie eers so droog is nie; die munisipaliteit het net nie die vermoeë om die situasie te bestuur nie. Nou word tientalle ontwikkelings wat hierdie onderontwikkelde area broodnodig het net eenvoudig gestop; tot wie weet wanneer. Ons bedryf ‘n restaurant en water is ‘n noodsaaklikheid. Nou gaan hulle waarskynlik ons water afsny in Desember; die een periode in die jaar wat ons moet skep.
Eskom, ons enigste verskaffer van krag, se pryse gaan op met 45% per jaar vir 3 jaar. Dit beteken dat waar ons besigheid se krag ons nou R4000 per maand kos, sal dit in 2012 R12,000 per maand wees!! En ons is nie ‘n groot besigheid nie. Terloops Eskom Voorsiening (waar die grootste gemors is) se grootste sub-kontrakteur is Hitachi Power Africa en hulle grootste aandeelhouer? Die ANC!
Al hierdie terminale probleme kan oor die lang termyn uitgesorteer word deur mense met die regte vaardighede aan te stel in sleutelposte. Die feit wat baie linksgesindes en die ANC nie wil erken nie is dat meeste van hierdie mense wit is. En die ANC (lees Regering, Polisie, Lokale Regering, Eskom, Telkom, Groot Besigheid ens) weier om witmense aan te stel. Witmense word geheel en al gemarginaliseer. En die ergste van alles is witmense wil bydra. Hulle is bereid om opofferings te maak. Maar die nuwe Suid-Afrika soek nie witmense nie. Die reënboog is baie vinnig besig om swart te raak.
Ongelukkig dink ek dit gaan nog erger raak. Gister het Jacob Zuma, ons eerbare President (wat steeds nog nie sy dag in die hof gehad het nie) gesê dat die erg radikale Julius Malema, leier van die ANC se jeugliga, ‘n goeie leier vir die ANC sal wees. Hy het gesê die ANC is Malema se ‘inheritance’! Almal weet dit seker teen die tyd, maar Malema is ‘n imbesiel wat nie heeltemal matriek kon deurkom nie. Hy spoeg vuur en is openlik rassisties teenoor witmense. Cosatu is baie ontstel oor Eskom se voorgestelde tariewe en tog sal hulle (deur hulle ANC verteenwoordigers) nie ‘n private kragvoorsiener toelaat nie. Laas week is nog ‘n kragtige matige, Joel Netshitenzhe, uitgewerk deur die Kommunistiese elemente in die ANC. Ekonome erken dat hierdie verskynsel saam met die aanstelling van die uiters linkse Pravin Gordhan lei tot kommer.
Dit alles terwyl misdaad, korrupsie en armoede net meer raak. Hierdie is die tipe goed wat lei tot burgeroorloë. Rian Malan, voorheen linksgesinde joernalis en skrywer van My Traitor’s Heart, het onlangs gesê hy dink Suid-Afrika is op pad na ‘n burgeroorlog toe.
In my frustrasie het ek nou net aanlyn gekyk of ons kan werk in Holland. Ons kan; enige plek in Europa. Ons het nie papierwerk nodig nie omdat ons Britse Burgers is. Dit is vir my ongelooflik hartseer om dit te sê en ek wens dat was anders, maar ons is besig om in daai koers te dink. Uit die aard van die saak moet ons nog baie dink en bespreek voordat ons ‘n besluit maak, maar dit is nou ‘n oorweging waar dit vroeër nie was nie. Ek is gatvol vir korrupsie, omkopery, graft, rassisme, slaggate, geen dienslewering, misdaad en onkunde en mense wat al hierdie fundamentele probleme probeer afmaak as “nie so erg nie”!
Elke se 1ste konsert
Elke en Gustav was gister in hul 1ste konsert gewees. Elke het vrek baie uitgesien daarna en sy het dit regtig terdeë geniet. Soos julle op die video sal sien het sy ‘n lang gehad want sy gaap kompleet soos ‘n minister in die Parlement. Sy is nog net 2 weke in die skool en sy verstaan nog nie altyd die Engels so lekker nie.
Boesmans Groei
Ek dink Boesmans groei nou die vinnigste in ‘n vrek lang tyd. My Pa het die Red Apple Liquor Store in die laat 90s gebou. Die het van tyd tot tyd huurders gehad maar dit was meer leeg as vol. Die 1ste besigheid wat ‘n regtig ‘n sterk huurder geword het was Cecil en Yvonne Jones se Preston’s Liquor Store. JuJu Art Gallery van Julius Bramley het in 2005 oopgemaak en ons het in 2006 die Red Apple Farm Stall oopgemaak. Ongelukkig het JuJu sedertdien weer toegemaak. Waves het ook in 2007 oopgemaak.
Maar nou in Oktober maak 3 splinternuwe besighede oop. Ek dink dit gaan regtig baie goed wees vir Boesmans en die Red Apple.
South-Africa Rules!

Suid-Afrika Nommer 1!
Ek dink regtig dat dit ongelooflik is dat Suid Afrika nou Nommer 1 in die wêreld is in Rugby (15man en 7s) en Krieket (Toetskrieket en Eendagkrieket)!
In Rugby is ons boonop die wêreldkampioene in 7s en “regte” rugby en deur die Bulle hou ons die Super 14 trofee. In 15man rugby het ons die Nommer 1 rang oorgeneem van die die “Ou Vyand” Nieu-Seeland toe ons hulle vroeër die maand in ‘n drie-nasies wedstryd geklop het. Die huidige rugby span word gereken as een van die beste Springbok ooit. En meer as dit; hy word gereken as een van die beste internasionale spanne van alle tye.
Met Spelers soos Bismarck du Plessis, Victor Matfield en Bakkies Botha (wêreldrekord slot vennootskap), Juan Smith, Schalk Burger (IRB Speler van die jaar 2004), Heinrich Brussouw, Pierre Spies, Fourie du Preez (gunsteling vir Speler van die Jaar 2009), Jean de Villiers, Jacque Fourie, Bryan Habana (IRB Speler van die jaar 2006), JP Pietersen en Frans Steyn kan hierdie span in 2011 weer die wêreldbeker wen.
John Smit is nou wel nie die beste stut of hakker in Suid-Afrika nie, maar sy kapteinskap is regtig uitstekend. Hy kommunikeer uitstekend met skeidsregters en die Pers. En ek dink die spelers respekteer hom geweldig. Ek persoonlik is nie ‘n aanhanger van Pieter de Villiers nie; ek dink hy is aangestel omdat hy ‘n kleurling is en beslis nie die beste afrigter nie. Ek dink die span is so goed ten spyte van die afrigter en nie as gevolg van hom nie. Dit spreek boekdele oor die leierskap van ouens soos John Smit, Victor Matfield, Fourie du Preez en Dick Muir. As politieke inmenging (byvoorbeeld Adi Jacobs en Ricky Januarie) nou net nie dinge befoeter nie kan hierdie span vir nog 3 jaar lank die wêreld heers.
In krieket het ons ongelukkig minder trofees, maar nadat Engeland vroeër die maand vir Australië geklop het in die reeks om die As het ons die Nommer 1 mantel oorgeneem. Ek dink baie Suid-Afrikaners het besef dat daar iets spesiaals in hierdie span steek toe hulle die “Greatest One Day International ever” in 2006 teen Australië gewen het. Vandaar onder die sterk leiding van Graeme Smith het hierdie span op en op beweeg. Weereens is daar soveel kwaliteit in hierdie span (Graeme Smith, Herschelle Gibbs, Jacques Kallis, AB de Villiers, Ashwell Prince, Hasim Amla, Johan Botha, Mark Boucher, Albie Morkel, Wayne Parnell en Dale Steyn) dat dinge net soveel beter kan raak.





