Afrikaners vs Suid-Afrika
May 12, 2008
Hierdie post is kommentaar op Of generations, arseholes, Isreal and volkstate, ’n uitmindende weldeurdagte post deur Mhambi en die post se kommentaar.
Marthinus, jy moet nie jou kop breek oor die woord liberalisme nie. Dis semantics. In sekere gevalle is liberalisme nie ‘n slegte ding nie. Maar ek stem 100% saam met jou dat “unquestioning tolerance” ook nie gesond is nie. Op die oomblik is almal gefokus op “tolerance” dit en “tolerance” dat. Maar ek wil nie ‘n kultuur wat moor en roof en verkrag tolerate nie. Ek gee nie om hoe polities inkorrek dit is nie. Dis onaanvaarbaar dat Suid-Afrikaners (wit & swart) daagliks moet vrees vir hulle lewens. En net swartmense, dmv demokrasie, kan dit uitsort. Dit maak my bekommerd want in die res Afrika kon hulle dit nog nie uitsorteer nie.
Mhambi jy skryf rerig goed. Die een ding waarmee ek nie saamstem nie is oor die gesondheid van die Afrikaner. Ek dink ons is in ‘n beter toestand as wat mense besef. Kyk ‘n bietjie na besigheid, sport (selfs krieket) & kultuur (oukei behalwe vir ou Steve). Die Afrikaner laat hom weer geld.
Ek stry ook nie dat ons moerse struikelblokke in die land het nie. Maar ons het nie rêrig iewers anders om heen te gaan nie (ek was 8 jaar in Londen en ek belowe jou daar is maar een land vir ons Boere en dis SA). Dit gaan nie maklik wees nie, maar juis die feit dat ons nêrens heen het om die gaan nie het ‘n huge bearing op die Afrikaner se toekoms. Ons moet dit maak werk. Ek dink baie Afrikaners sien dit - soos ek - as ‘n positiewe uitdaging.
Ek is ‘n moerse trotse Afrikaner. Delarey, Paul Kruger, FW de Klerk en selfs Charlize Theron is my heroes. Maar ek is ook ‘n trotse Suid-Afrikaner. Bryan Habana, Nelson Mandela & Aggrey Klaaste is ook my heroes. Myns insiens kan jy altwee wees: Afrikaner en Suid-Afrikaner. Maar dit beteken nie ‘n mens moet die k@k wat die ANC (of wie ookal) praat aanvaar nie.
Entry Filed under: Politics. .
10 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
Wessel van Rensburg (aka Mhambi) | May 14, 2008 at 3:15 am
Attie, jy se:
‘Mhambi jy skryf rerig goed. Die een ding waarmee ek nie saamstem nie is oor die gesondheid van die Afrikaner. Ek dink ons is in ‘n beter toestand as wat mense besef. Kyk ‘n bietjie na besigheid, sport (selfs krieket) & kultuur (oukei behalwe vir ou Steve). Die Afrikaner laat hom weer geld.’
Dankie vir di kompliment. Ek stem saam met jou dat die Afrikaner nie verby is nie. Kyk byvoorbeeld hier. En ook dat sonder Afrikaner betrokkenheid kan SA dood eenvoudig nie effektief werk nie.
2.
boerinballingskap | May 14, 2008 at 5:16 pm
Ek kom nou so sommer van die kant van die skrum in en speel duiwelsadvokaat, maar ek wil tog vir Wessel vra of dit nie effe arrogant is (en selfs paternalisties) om te dink dat SA nie kan werk sonder die Afrikaner se betrokkenheid nie.
3.
attie nel | May 15, 2008 at 9:22 am
Attie: Bly om jou ook te leer ken. Ek wil met jou saamstem: Ek sien Suid Afrika as ‘n positiewe uitdaging.
BiB: Ek dink ook dat SA nie kan werk sonder die Afrikaner nie, maar ek sien dit nie as paternalisties nie, maar eerder ‘n oproep aan die Suid Afrikaners om betrokke te raak by die oplossing van die probleme van hierdie land, en nie op die kantlyn te staan en te wag totdat alles in duie strot om dan te sê: “Ek het julle mos gesê !”nie. Die oproep is na my menig: Word deel van die oplossing. Daarmee, geen veroordeling van die ouens wat in die buiteland is nie, ek kan goed verstaan dat hulle gegaan het.
4.
Attie Heunis | May 15, 2008 at 9:41 am
Ek neem beslis ook niemand kwalik wat in die buiteland gaan settle nie. Ek was al in altwee kampe gewees. Elke persoon moet doen wat vir hom werk. Maar dit is nogsteeds hartseer dat mense moet wegtrek uit hul eie land om hulself te laat geld.
5.
Wessel van Rensburg (aka Mhambi) | May 16, 2008 at 5:49 am
Boer, verskoon tog my spelling…
Dis effe paternalisties en klink dalk arrogant (alhoewel nie so bedoel nie) maar dit beteken nie dat ek verkeerd is nie.
Die skills om ons staats en siviele majinerie te laat hardloop le grootendeels by Afrikaners.
Ek praat van polisie personeel, siviele-(dorps)-ingeneurs ander ingeneurs, mynboukundiges, stadsklerke, staatsamptenare, tegnici in vele velde.
Die nuts en bolts vlak van bestuur van ons land.
Deels is Afrikaners daar uitgestoot, maar deels het Afrikaners ook hulself ontrek. Ek dink die geleentheid gaan kom waar Afrikaners weer meer betrokke kan raak, want dit gaan amper nie anders kan nie. Die vraag is, gaan hulle wil?
6.
Wessel van Rensburg (aka Mhambi) | May 16, 2008 at 5:50 am
PS: Ek hou van Steve.
7.
Attie Heunis | May 17, 2008 at 12:38 pm
Wessel, ek stem saam. En ek dink Afrikaners sal, maar ek dink nie dit sal in die staatsdiens wees nie.
8.
boerinballingskap | May 17, 2008 at 1:53 pm
Welkom hier, Attie!
9.
boerinballingskap | May 17, 2008 at 1:57 pm
Julle is moontlik reg, maar soms is dit vir my asof die Afrikaner neig om sy eie belangrikheid te oorskat.
10.
Wessel van Rensburg (AKA mhambi) | June 16, 2008 at 3:29 pm
In die lig van ons gesprek, ‘n interessante bydrae op Thought Leader.