Aandiebeginwasdaar

Attie discusses Politics, Sport, Tech, Nature, Media, Humour & stuff about us.

Archive for the ‘About Us’ Category

Suid-Afrika se dae getel?

with 6 comments

ANC Corruption

ANC Korrupsie

Hierdie vraag duik nou weer in my gedagtes op nadat ek van ‘n goeie vriend verneem het dat hulle Elliot Mashile, voorsitter van die Oos-Kaap se drankraad moes omkoop om hulle lisensie te kry. Blykbaar het die vark ‘n moerse fancy kar en ‘n moerse salaris, maar hy het nie geld vir petrol in sy kar nie!!!! Met die omkopery het hy ‘n dranklisensie, wat gewoonlik maande neem, binne 24-uur gereël. Al sou ek nooit wetend sou iets self doen nie, neem ek nie my vriend kwalik nie; hulle het alles aan hulle kant reg gedoen en moes al lankal die lisensie gehad. Maar die raad is so treurig hulle funksioneer eenvoudig nie. Of hulle verwag om omgekoop te word.

Op dieselfde dag verneem ek van ‘n ander vriend wat die lokale verkeersdepartement moes omkoop vir ‘n een of ander lisensie. Ek het self al – geheel en al onwetend – ‘n verkeersbeampte afgepers en my loodgieter het (sonder my toestemming) die bouinspekteur omgekoop namens my. Ek moes my prokureur betaal om die NHBRC te dagvaar sodat ek my sertifikaat kon kry want ek was nie beried om hulle om te koop nie.

Ons woonbuurt se strate is in haglike toestand, maar Ndlambe Munisipaliteit het niks geld om enigiets reg te maak nie. Die hoofberig in gister se Herald gaan oor Ndlambe se baie ernstige watertekort. En die ergste is dat dit nie eers so droog is nie; die munisipaliteit het net nie die vermoeë om die situasie te bestuur nie. Nou word tientalle ontwikkelings wat hierdie onderontwikkelde area broodnodig het net eenvoudig gestop; tot wie weet wanneer. Ons bedryf ‘n restaurant en water is ‘n noodsaaklikheid. Nou gaan hulle waarskynlik ons water afsny in Desember; die een periode in die jaar wat ons moet skep.

Eskom, ons enigste verskaffer van krag, se pryse gaan op met 45% per jaar vir 3 jaar. Dit beteken dat waar ons besigheid se krag ons nou R4000 per maand kos, sal dit in 2012 R12,000 per maand wees!! En ons is nie ‘n groot besigheid nie. Terloops Eskom Voorsiening (waar die grootste gemors is) se grootste sub-kontrakteur is Hitachi Power Africa en hulle grootste aandeelhouer? Die ANC!

Al hierdie terminale probleme kan oor die lang termyn uitgesorteer word deur mense met die regte vaardighede aan te stel in sleutelposte. Die feit wat baie linksgesindes en die ANC nie wil erken nie is dat meeste van hierdie mense wit is. En die ANC (lees Regering, Polisie, Lokale Regering, Eskom, Telkom, Groot Besigheid ens) weier om witmense aan te stel. Witmense word geheel en al gemarginaliseer. En die ergste van alles is witmense wil bydra. Hulle is bereid om opofferings te maak. Maar die nuwe Suid-Afrika soek nie witmense nie. Die reënboog is baie vinnig besig om swart te raak.

Ongelukkig dink ek dit gaan nog erger raak. Gister het Jacob Zuma, ons eerbare President (wat steeds nog nie sy dag in die hof gehad het nie) gesê dat die erg radikale Julius Malema, leier van die ANC se jeugliga, ‘n goeie leier vir die ANC sal wees. Hy het gesê die ANC is Malema se ‘inheritance’! Almal weet dit seker teen die tyd, maar Malema is ‘n imbesiel wat nie heeltemal matriek kon deurkom nie. Hy spoeg vuur en is openlik rassisties teenoor witmense. Cosatu is baie ontstel oor Eskom se voorgestelde tariewe en tog sal hulle (deur hulle ANC verteenwoordigers) nie ‘n private kragvoorsiener toelaat nie. Laas week is nog ‘n kragtige matige, Joel Netshitenzhe, uitgewerk deur die Kommunistiese elemente in die ANC. Ekonome erken dat hierdie verskynsel saam met die aanstelling van die uiters linkse Pravin Gordhan lei tot kommer.

Dit alles terwyl misdaad, korrupsie en armoede net meer raak. Hierdie is die tipe goed wat lei tot burgeroorloë. Rian Malan, voorheen linksgesinde joernalis en skrywer van My Traitor’s Heart, het onlangs gesê hy dink Suid-Afrika is op pad na ‘n burgeroorlog toe.

In my frustrasie het ek nou net aanlyn gekyk of ons kan werk in Holland. Ons kan; enige plek in Europa. Ons het nie papierwerk nodig nie omdat ons Britse Burgers is. Dit is vir my ongelooflik hartseer om dit te sê en ek wens dat was anders, maar ons is besig om in daai koers te dink. Uit die aard van die saak moet ons nog baie dink en bespreek voordat ons ‘n besluit maak, maar dit is nou ‘n oorweging waar dit vroeër nie was nie. Ek is gatvol vir korrupsie, omkopery, graft, rassisme, slaggate, geen dienslewering, misdaad en onkunde en mense wat al hierdie fundamentele probleme probeer afmaak as “nie so erg nie”!

Written by Attie Heunis

Oktober 27, 2009 at 12:52 nm

Elke se 1ste konsert

without comments

Elke en Gustav was gister in hul 1ste konsert gewees. Elke het vrek baie uitgesien daarna en sy het dit regtig terdeë geniet. Soos julle op die video sal sien het sy ‘n lang gehad want sy gaap kompleet soos ‘n minister in die Parlement. Sy is nog net 2 weke in die skool en sy verstaan nog nie altyd die Engels so lekker nie.

Written by Attie Heunis

Oktober 21, 2009 at 4:37 nm

Posted in About Us, Media

Tagged with , ,

Boesmans Groei

without comments

Ek dink Boesmans groei nou die vinnigste in ‘n vrek lang tyd. My Pa het die Red Apple Liquor Store in die laat 90s gebou. Die het van tyd tot tyd huurders gehad maar dit was meer leeg as vol. Die 1ste besigheid wat ‘n regtig ‘n sterk huurder geword het was Cecil en Yvonne Jones se Preston’s Liquor Store. JuJu Art Gallery van Julius Bramley het in 2005 oopgemaak en ons het in 2006 die Red Apple Farm Stall oopgemaak. Ongelukkig het JuJu sedertdien weer toegemaak. Waves het ook in 2007 oopgemaak.

Maar nou in Oktober maak 3 splinternuwe besighede oop. Ek dink dit gaan regtig baie goed wees vir Boesmans en die Red Apple.

Written by Attie Heunis

September 29, 2009 at 2:37 nm

Uncontrollable Anger

without comments

Uncontrollable Anger

Uncontrollable Anger

People that know me know that I sometimes – luckily not very often – get to a point of uncontrollable rage. The one moment I will be slightly irritated and the next minute I will just completely lose it. It is a strange sensation because often I can feel it coming, but there is nothing I can do to stop it. When I get to that point I just want to start “moering”. Typically it happens once or twice a year and almost always I am provoked. In other words; they had it coming.

Today I saw signs of this rage in Elke and it made me wonder if there might be a genetic link. It turns out there probably is. Also very interesting to me was that is a actually a known condition. They call it Intermittent explosive disorder. According to research it affects many more people – especially men – than what one would think. Some researches think up to 10% of Caucasian males have varying degrees of this disorder.

My particular variation isn’t that bad thankfully. It hasn’t got me into trouble yet and I’ve only ever got  physically “involved” when people were really looking for trouble. I can’t control the rage, but I can control my reaction to it. Lene and my staff have said that my nostrils start flaring when it happens. I wish I could see that!

Written by Attie Heunis

Augustus 18, 2009 at 8:36 vm

Baie beïndruk met Nikon D90

without comments

Kenton-on-Sea sunset photographed with a Nikon D90 and blended with Photoshop Elements 6.0

Kenton-on-Sea sunset taken with Nikon D90; blended with Photoshop Elements 6.0

Ek het nou al ‘n bietjie kans gehad om met my Nikon D90 te speel. Ek moet sê ek is baie beïndruk. Hierdie foto het ek nou die aand in die donker geneem en tog was daar meer as genoeg detail in die foto. Hy is ook heelwat makliker en vinniger om te hanteer as my ou D70.

Hierdie foto is gemaak deur ‘n “blending” tegniek wat ek by die erkende fotograaf Hougaard Malan geleer het. Hulle gebruik (soos verwag) Adobe Photoshop CS3/4, maar ek het sommer Adobe Photoshop Elements 6.0 gebruik.

Written by Attie Heunis

Junie 9, 2009 at 3:38 nm

Gustav & Elke bespreek dinosourusse

without comments

Ek het het vandag fotos gaan neem met my splinternuwe Nikon D90. Die kamera is die 1ste DSLR wat video kan neem maar dis glad nie hoekom ek hom gekoop het nie. Ek het niks verwag van die video nie, maar toe Elke en Gustav in die bootjie gesit en gesels het het ek gedink dis ‘n goeie geleentheid om te kyk hoe goed die video funksionaliteit is.

Ek was aangenaam verras. Ek het op die kleinste format 640 x 480 geneem en ek dink die kwalitieit is heel goed. Dit was bewolk gewees, maar soos julle kan sien was die beeld baie goed en lekker skerp.

Die video self is baie snaaks – veral die einde! ;)

Written by Attie Heunis

Mei 15, 2009 at 12:01 vm

Oudtshoorn vakansie

with one comment

Na ‘n baie besige seisoen het ons drie (Ek, Lené en Elke) laas week ‘n vakansie in die Klein Karoo gehad. Ons het besluit om in Oudtshoorn te bly want dit is redelik sentraal vir ‘n klomp aktiwiteite in die omgewing. Ons het gebly in self-catering eenhede by Klienplaas. My indruk was baie positief – dis baie redelik; in die dorp en daar is ‘n reuse swembad (‘n moet vir die 40°C somersdae in Oudtshoorn).

Crocodile leaps 2m

Crocodile leaps 2m

Dag 1: Cango Wildlife Ranch. Dit is ‘n bietjie kommersieel en min mense hou van diere in hokke, maar vir kinders is dit ‘n belewenis. Ek moet sê die hokke is baie groot, silwerskoon en daar is ‘n bewaringselement (byvoorbeeld die jagluiperd program). Daar is ook wit leeus (waaroor ek maar skepties is). Die krokodille is nog steeds ‘n hoogtepunt van die park. Ek het ook by volwasse jagluiperds in ‘n hok geklim. Dit was iets spesiaals al sal dit nooit ‘n jagluiperd in die natuur klop nie.

Dag 2: Buffelsdrift Game Lodge. Pragtige plek wat waarskynlik heeltemal te duur vir ons sou wees om by te bly maar jy kan “klein” olifante daar voer teen ‘n aanvaarbare prys. Weereens ek verkies wilde olifante, maar dit was werklik interessant. En dit het ‘n groot indruk op Elke gemaak.

Ons ry aan Kango Grotte toe. Ongelukkig kon ons nie ingaan nie omdat Elke nog heeltemal te klein is. Maar as ek weer in die omgewing is sal ek baie graag die “Adventure” toer wil doen. Die storie van Veronica Hlabelela, ‘n oorgewig vrou, wat vasgesit het vir 10 ure laat ‘n mens egter twee keer dink oor die spul.

Meiringspoort

Meiringspoort

Ons ry oor die berugte Swartbergpas na Prins Albert toe. Dit was nie te erg nie, ‘n mens moet net stadig ry. Maar ek moet sê ek sal nie weer met lae profiel bande dit doen nie!! Prins Albert is ‘n pragtige sjarmante klein dorpie. Ons het terug Oudtshoorn toe gery deur Meiringspoort. Hier is ‘n baie bekende waterval & gat. Dit is rêrig iets om te ervaar. Jy klouter uit teen die omliggende kranse en duik in die skoonste water in. Die gat is vrek diep (ek het af geswem tot my ore begin pyn en ek was nie naby aan die bodem nie) so dis heel veilig om te duik; solank jy nie op die kranse gly nie.

Dag 3: Ons ry na die Rust en Vrede waterval so halfuur buite Oudtshoorn. Dis ‘n baie mooi waterval, maar dis nogal ‘n entjie om daar uit te kom en die gat is nie heeltemal so lekker soos Meiringspoort nie. Nog steeds beslis die moeite werd.

Ons verken ‘n bietjie Oudtshoorn self. Rêrig ‘n mooi Klein Karoo dorp. Daar is heelwat wat my aan Graaff-Reinet, waar ek op skool was, laat dink. Ons ry aan tot by Calitzdorp waar ons aangaan by die beroemde Boplaas. Die plaas is sekerlik die beste Port produseerders in Suid-Afrika en van die beste in die wêreld. Hulle verkoop direk aan die publiek en dit is nie duur nie.

Terug in Oudtshoorn gaan eet ons by Jemima’s, een van Suid-Afrika se top 10 restaurante. Die ambiance veral in die agterste vertrekke (by die tuin) is regtig spesiaal. Die kos is goed, maar regtig baie duur – te duur. Vir baie mense is die koste blykbaar nie ‘n probleem nie want die plek was so te sê vol, maar dit sit my af. Ek sal nie sommer weer gaan nie.

Dag 4: Ons ry oor die Outeniquapas deur George en stop by die Sedgefield mark. Ek is nie iemand wat mal is oor markte nie en hierdie keer was dit ook weer so. Te veel dagga en te min substance!! Ons gaan stop by ons ou gunsteling, die Lake Pleasant Hotel, vir middagete. Die plek beveel ek gemaklik aan. Die kos is nie goedkoop nie maar dis so lekker, dis beslis die koste werd!! En die uitsig is unbeatable. Alles inagenome is dit ‘n beter ondervinding as by Jemima’s en vir heelwat minder geld.

Bloukrans Bungee

Bloukrans Bungee

Vandaar ry ons huistoe – oeps nee amper vergeet ek. Nog een laaste stop. BLOUKRANS BRUG!! Ek het die vorige aand gelê en wonder of ek die guts het om te bungee. Toe ons verby ry het besluit ek moet probeer. Die hoogste bungee jump in die wêreld. Wel ek het my R620 betaal en gaan spring. Al het ek soos ‘n maer vark geskree, het ek dink baie geniet. Beslis een van die hoogtepunte van my lewe. Ek was net so bly dat ek dit uiteindelik gedoen het.

Alles en alles ‘n baie lekker familie vakansie en ons sal dit weer doen. Kyk gerus na al ons Oudtshoorn fotos en my Bungee Jump fotos.

Written by Attie Heunis

February 4, 2009 at 11:06 nm

Boesmansriviermond Boeresport

without comments

Toutrek by Boesmans boeresport

Toutrek by Boesmans boeresport

Toe ek grootgeword het was die Boeresport een van die beste goed omtrent Desember vakansies by Boesmans. Ek is seker dit was altyd op die 1ste gewees, maar die jaar was dit die 31ste Desember. Die Boeresport word afgeskop deur ‘n marathon tussen Boesmans mond en Kwaaihoek. Daarna is dit naellope en die oggend hoogtepunt: Toutrek. In die middae is dit swem.

Toe ons klein was het ek (en glo my ek was nie atleties nie) aan die marathon, toutrek en die swem deelgeneem. Ek het selfs toutrek en swem-aflos oorwinnings gevuur in my jeug!!

Dit is wat my aanbetref regtig ‘n fantastiese tradisie. Ek aanvaar dat dit begin is deur die boere van Alexandria wat hier kom kamp het met hulle ossewaens (dit is terloops hoe Boesmans self ook begin het). Die boere wou seker maar ‘n bietjie sports hê om die nuwe jaar mee in te lei en watter beter manier as om teen mekaar te kompeteer.

Dit was rêrig lekker om daar te wees die jaar, maar ek is bekommerd dat daar so min mense was. Ek hoop ek is verkeerd, maar ek kry die gevoel dat die Boeresport nie meer so gesond is soos wat dit in die ou dae was nie. Miskien moet ons by Red Apple kyk of ons nie ‘n bydrae kan maak nie; dit is so ‘n kosbare ding.

Gaan loer gerus na die res van my Boesmans Boeresport fotos.

Written by Attie Heunis

Januarie 7, 2009 at 8:57 nm

Red Apple verbeterings

with one comment

Met die bou van ons huis (wat nou uiteindelik klaar is) het ons minder (eintlik te min) aandag gegee aan ons tweede baby: Die Red Apple. Maar nou is dinge weer aan die gang.

Hier is van die verbeterings wat ons in die laaste paar weke aangebring het:

  1. Dranklisiensie (whooohooo – uiteindelik!)
  2. Kinder area (Jungle Gym). Kudos Lené!
  3. Splinternuwe professionele menus (met uitstekende fotos van ons eie kos)
  4. Beter uitleg in die winkel. Al die kos en ‘convenience’ goed is nou bymekaar
  5. ‘n Uitstekende nuwe kassier. Gemik op toekomstige langer ure en Desember.
  6. Beter kommunikasie. Ons het nou ‘n PABX stelsel wat beteken daar is direkte kommunikasie tussen winkel, kantoor, restaurant & kombuis
  7. Beter aanwysings in die winkel
  8. Gestremde toegang
  9. Beter musiekbeheer. Die musiek kom nou van ‘n iPod af en nie ’n rekenaar nie.

Volgende prioritiete wat Red Apple nog sal verbeter is:

  • Beter en nuwe bemarking.
  • Nog ‘n kasregister
  • Nog werksoppervlak vir Desember
  • Beter restaurant bedryf
  • Vleispasty verkope
  • Langer ure (vir vleispasty en ’sundowner’ mark)

Ek dink ‘n mens moet die stil tye gebruik om hierdie tipe goed te doen – want as dit besig is het mens nie kans vir sulke goed nie!

Die Bushmans Tourist Information Office het ook nou nuwe lewe gekry – dit begin uiteindelik nou funksioneer soos wat ons van die begin wou he. Dit is al klaar vir ons ‘n aanwins, nevermaaind as dit rerig eers aan die gang gaan kom. Kudos vir my pa en Unique Monique. En met al die ‘leads’ waaraan hulle werk gaan dit net nog beter gaan.

Ons self skaaf ook aan ‘n idiee wat ons dink die hele area kan bevoordeel, maar ek kan nog nie te veel hieroor sê nie. :)

Written by Attie Heunis

September 30, 2008 at 10:46 nm

En die groen gras groei daarom

without comments

Wel ons is nou al 6 weke lank in ons huis. Ons begin nou al in ’settle’. Ek het al Broadband, maar nog nie ‘n stoel nie. Ons het al ‘n kombuis, maar nog nie ‘n sitkamer nie. En so gaan dit aan. Ons het gelukkig al ons sitkamerstel bestel en hy behoort so aan die begin van Desember hier aan te kom. Dit is nogal ‘n smart stel. Volle leer; word die Cybele reeks genoem. Ek kan nie wag nie. Dit voel terrible om nie ‘n plek te hê om sag te sit nie. Ons reuse nommer (6) is ook nou opgesit en dit lyk baie nice. Kudos vir Lene.

Van ontwerp stadium af het ons die huis beplan om die grasperk. Tot nou toe moes ons maar visualiseer, maar ons grasperk begin uiteindelik na iets lyk. Maar ek dink oor so 2 maande gaan hy rêrig mooi wees.

Om nog reg te maak? Sjoe dis nog ‘n te lange lys. Prioriteite is die agterste skuifdeur, plaveisel op die agterste stoep en die binne deure oorhang. As die goed eers reg is dink ek sal ek ‘n mate van rus vind.

Written by Attie Heunis

September 30, 2008 at 10:00 nm

Posted in About Us

Tagged with ,